Die Ballade van Straatkind

‘Se’blief merrim net vyf rand vir brood
‘Se’blief’ vra ek met hande oopgevou
Maar Merrim kyk nie eers na my nie
flenter straatkind van die dag
hou aan praat op haar selfoon
kyk na my, skud haar kop
en gee gratis ‘n flou glimlag.
Loop weg van die gebedel
Loop weg van die kind
Pasop! gee ‘n klein geldtjie dan is jy verbind!

Hoe mooi wapper haar pienk jas
so sleep sleep in die winters wind se kou
Ek wil haar vas hou
Maar ek is net ‘n straatkind
vuil en dwarrelend alleen
ek wonder ooit of daar ‘n ‘ma, ‘n vrou is
wat trane stort en oor my ween

‘As’blief merrim! net ‘n vyf rand
ek is honger en dors
ek belowe ek sal nie snuif nie
ek sal nie jou geld mors!’
Sy kyk na my stiptelik en steek haar
hand in haar sak
maar niks kom daaruit nie
En sê met ‘n sterk stem
‘loop weg! jy maak van jou ‘n oorlas!’

Sy verdwyn tussen die skare
van mense wat alles het
en ek staan alleen op die sypaadtjie
voor Spar en Pick and Pay en
Bokkie se kinderpret
‘oorlas kos net vyf rand
minder as die Beeld en die Star
wie kan dit  nie bekostig nie
julle almal is die selfde
‘we are what we are!’

Die skadus kom nader en
die wind het gaan lê

en die straatkind gaan soek na
skuiling onder ‘n brug
bedek met koerante wat
niemand meer wil hê

In sy drome sien by iemand
‘n vrou met haar arms oop
“het mama my mom haal?”
“Ja my kind….one gaan huis toe
alles gaan ek vir jou koop”.
Trane rol van sy wange
en stol in die koue van die nag.
Shhhh! ….my kind moet nie huil nie
ek het lank op jou gewag”.

Opskrif in die koerant…..”straatkind word gevind..
verkluim onder koerante
in die skadu van’n brug”………en in sy hand een silver vyf rand.
Gedig deur RR

                                                              

Advertisements