‘n Kersfees Brief

Kersfees Vader…dit is ek
Sara van Breda
Ek bly mos in ‘n rooi klip huis
in Welmoed hier by die grootstad
Johannesburg….in sonskyn Afrika

Mama sê ek moet gou skryf
want tyd word bitter min
die ‘tinsel’ en klokke en alles wat blink
is al in die winkel’s van September af in.

Ek weet nie hoe om te vra
vir die wat ek wil hê
maar miskien kan jy net lees en
besluit oor wat ek sê

Ek vra vir ‘n glimlag
wat altyd by Mama sal bly
en baie baie sneesies want sy huil byna altyd
dit is hartseer verby
Vir dr.Scheepers soek ek
‘n nuwe hart want syne is flenters gebreek
sy meisie het mos weg geloop
met ‘n man wat Bonsai kweek
Gee aan al my maatjies
vosbruin or goue hare
want in die winter maande
al dra ons mussies
is dit nog deksels koud!

Ek vra vir meer tyd
om die winter te kan sien
om te lag en speel
my gedigte opsê
en by die kerk basaar in Tant Nellie se
koeksuster paleis die mense te bedien

Dankie Kersfees Vader
dit was ek……Sara van Breda
kinder pasiënt in ‘n hospitaal
in sonskyn Afrika.

AS EK WEER KOM
Hemelse Vader…
as ek weer kom
wil ek in ‘n klein dorpie woon
waar honde en katte vet is
en deur almal met liefde bekroon.

Ek wil ‘n huis van baksteen hê
met vensters breedt en blink
en op die dak wil ek teëls lê
(in gestreepte kleure)
en nie silver sink.
Sink lok aan die woede
van elke dag se Gauteng storms
en tot eintlik die reëndruppels
klink beneuk en val hard en is nie eens rond gevorm.

Ek wil ‘n Mama hê wat altyd plat skoene dra
sodat sy sonder angs kan oor buig
en goed kan optel
kan kinders vas druk en fluister
“Ag! my darling jy is my hart se punt!”

O ja! Hemelse Vader ek wil ook ‘n papa hê
sterk soos die weste wind
hy moet alles weet en trots wees oor ek…
sy enigste kind. 
Ek soek nie boeties of sussies nie
ek is moeg vir hulle lawaai
maar meestal is ek moeg
om ander se klêre te dra al sê grootmense
“toemaar ..dis orrait”

Maar dankie Hemelse Vader
vir die wat ek nou het
môre is nog ‘n dag
in Booysens met al sy bizarre pret!

Two poems out of my manuscript ‘Booysens Blues’.
Please go to AUg 24 2014 for the poem ‘Ballade van die Straat kind’
And to 1st April 2015 for ‘Die Aborsie.’ Also go to 22November 2015 for ‘In Nomini Padre’.

Advertisements